Video: Dans die naweek in saam met dié petroljoggies

'n Skermskoot uit die video

‘n Skermskoot uit die video

ʼn Video, waarin ʼn groep petroljoggies van ʼn Engen-vulstasie in Kaapstad voor verbaasde motoriste hul beste danspassies uitvoer, word wyd op sosiale media gedeel.

Die sogenaamde “flash mob”, ʼn openbare byeenkoms waar mense in groepe op ʼn ongewone of skynbaar onvoorbereide manier in die publiek begin dans, is deur die joggies self beplan, berig EWN.

In die video dans petroljoggies op die maat van Sipho ‘Hotsix’ Mabuse se liedjie “Burn Out”. Dié dans word die pantsula-dansroetine genoem.

Die video van die joggies is al meer as 245 000 keer op YouTube gekyk.

ʼn Ander video van ʼn groep mense, wat joggies en lede van die publiek insluit, wat op dieselfde liedjie gedans het, het ook in Julie vanjaar opslae gemaak.

https://youtu.be/4ahCPNW_3Mk

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Rina ·

Fantasties….so moeg vir moord en dood. Engen jul het n puik span petrol joggies.Wat n plesier om na hulle te kyk. Hou so aan/

Karma ·

Fantastiese “flash mob” – dit lyk of die ouens maande lank daaraan moes oefen, maar hulle dit so natuurlik! ‘n Lekker “just-before-going-home” video!!!

AM ·

Fantasties! Stem saam met b.g kommentaar. Dis so positief en gee mens weer hoop. Baie dankie aan die Engen garage se petrol joggies! Hou so aan!

Raymond ·

Bitter goed gedoen.
Mens raak so moeg vir negatiewe lees stof. Bly daar is ‘n positiewe kant ook.

Elize ·

Ag dis wonderlik!!! mens voel sommer om uit te spring en saam te dans. Baie dankie ouens vir die mooi gebaar. Sonder twyfel het die publiek dit vreeslik geniet en definitief was dit hoofnuus met die tuiskoms.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.