[Video] Dansende dronkie het polisie op hol

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

ʼn Vermeende kardief het die polisie in ʼn wilde jaagtog gelei en het selfs uitgeklim en in die middel van die straat staan en dans.

Volgens die polisie in Los Angeles, VSA, het die vrou Woensdagaand rooi verkeersligte verontagsaam en sy het wild deur die verkeer gevleg.

Die polisie het uiteindelik ʼn strik met skerp penne neergelê en sy het ʼn band gebars toe sy bo-oor dit gery het, maar dit het haar ook nie gekeer nie.

Sy het in ʼn stadium uit die motor geklim en ʼn klein dansie gedoen en weer teruggeklim.

Polisiebeamptes het ʼn paar oomblikke later die motor bestorm, haar uit die motor gehaal en in hegtenis geneem.

Die vrou was glo onder die invloed.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.