[Video] Die 12-jarige buikspreker wat sing

Darcy Lynne (skermgreep uit die video)

ʼn 12-jarige buikspreker het haar skaamheid oorkom en die gehoor gaande gehad met ʼn verrassende optrede waar sy haar handpop laat sing!

Darcy Lynne, van Oklahoma, het onlangs aan America’s Got Talent deelgeneem en Mel B, die voormalige Spice Girl, het in reaksie op haar optrede die goue gonser gedruk.

Darci en haar haas-handpop, Petunia, sing die bekende jazzlied, Summertime, en kry ʼn staande applous van die gehoor, insluitend beoordelaar Simon Cowell.

Sy het die pop vir haar 10de verjaarsdag as geskenk by haar ma gekry, wat gedink het dit sal haar skaam dogter help om uit haar dop te kruip.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Magda van Bloemfontein ·

Well done …jy verdien die Golden Buzzer!!!!!! Ekt trane in my oe. !!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Uvonka ·

WOW!!! So mooi, soveel talent! You go Girl!!!! Ek huil sommer onbeskaamd soos net ‘n Moederhart kan!

Grotman ·

Ek het ook n knop in my keel en wil huil! Want die video wil nie oop maak op my sell nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.