[Video] Dié advertensie sal jou ʼn traan laat pink

‘n Skermskoot uit die video

Libby Bell van Adelaide in Australië was maar 13 jaar oud toe sy in September vanjaar haar eie lewe geneem het nadat sy bykans op ʼn daaglikse basis geboelie is. Hoewel Libby se selfmoord skokkend is, is dit maar een in ʼn onstuimige see van soortgelyke stories.

ʼn Splinternuwe advertensie van die kitskosrestaurant Burger King, wat beloof om jou ʼn traan te laat pik, het ten doel om dié kwessie van boeliery aan die kaak te stel en só te probeer verhoed dat duisende ander jongmense wêreldwyd ook selfmoord sien as die enigste uitweg.

Volgens navorsing van die webwerf No Bully word sowat 30% van alle jong mense wêreldwyd geboelie. Volgens dié webwerf is boeliery ook die grootste vorm van geweld teen jong mense.

“Burger King is bekend daarvoor om elke persoon sy eie kroon te laat dra. Boelie is presies die teenoorgestelde daarvan – juis daarom het ons besluit om in Oktober tydens die maand teen boelies dié video te deel,” het die kitskosrestaurant laat hoor.

Die maatskappy het kameras in een van sy Amerikaanse restaurante opgestel om klante se reaksie op ʼn spesifieke dag te toets wanneer ʼn jong kind voor hulle geboelie word. Slegs 12% van die klante het opgestaan en die boelies gekonfronteer of die kind wat geboelie is probeer troos.

Boonop het Burger King ook op dié dag klante se burgers “geboelie” deur die burger met die vuis plat te druk. 95% van die klante het oor dié diens kom kla.

“Sou jy kom kla as jy gesien het hoe ek jou burger platdruk?” vra ʼn Burger King-werknemer in die video vir ʼn klant, waarop die klant “ja” antwoord. “Nou waarom staan jy nie op wanneer ʼn jong kind voor jou geboelie word nie?” vra die werknemer dan.

Die video het meer as 3,2 miljoen kykslae gehad.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Liefie ·

Baie goeie advertensie maar ek wens daar kan meer gedoen word. Derduisende kinders word daaglik geboelie. In my kind se skool het n leerling haarself op gehang n paar weke terug. Ek wens ons kan n name and shame program begin en dat skole strenger kan raak.

Dalene de Vente ·

Dagsê Wonder
Dankie vir jou valkoog! Ons vra om verskoning vir die oorsig, die berig is reeds gewysig.
Groetnis
Dalene nms. Maroela Media

Johett Oberholster ·

‘n Mens piNk ‘n traan weg. Nie soos ‘n hoender of slang wat pik nie…

Dalene de Vente ·

Dagsê Johett
Dankie vir jou valkoog! Ons vra om verskoning vir die oorsig, die berig is reeds gewysig.
Groetnis
Dalene nms. Maroela Media

Karen Kirsten ·

Maroela Media: mens PIK nie `n traan nie, jy pink `n traan. Dankie

Dalene de Vente ·

Dagsê Karen
Dankie vir jou valkoog! Ons vra om verskoning vir die oorsig, die berig is reeds gewysig.
Groetnis
Dalene nms. Maroela Media

Denise ·

Nou konsentreer julle op die pik of pink asseblief mense word geboelie, vermoor en die pik of pink is nie van belang vir my is dit die mense ??????

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.