Video: Die beste “eerste afspraak” – met ʼn kinkel

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

Elke ouer wil seker maak dat sy dogter se eerste indrukke van romanse en die liefde reg gevorm moet word, en daarom is dié video wat wyd op sosiale media versprei word, so spesiaal.

Die gebruiker “BeCause of Camilito” het hierdie video op YouTube gelaai wat ʼn meisie se eerste afspraak wys. Die video het egter ʼn kinkel: waarom dra die man ʼn trouring en wat beplan hy vir die afspraak? Dit is moontlik die beste eerste indrukke wat hierdie dogter ooit sal kry van hoe sy eendag as vrou hanteer behoort te word.

Die video is uiters gewild en is reeds meer as 8 miljoen keer op YouTube gekyk.

BeCause of Camilito is eintlik ʼn motorversekeringsagentskap, maar skenk 100% van sy wins aan liefdadigheid. Die agentskap se doel is om teen die einde van 2015 meer as $1 miljoen te kon skenk om kinders uit armoede te red. Klik hier om meer uit te vind van die maatskappy.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.