Golden retrievers is een van die gewildste honderasse en buiten hul intelligensie en gehoorsaamheid is dit gewoonlik hul persoonlikheid wat eienaars se harte steel.
Leny, ʼn golden retriever van Spokane in Washington in die VSA, het beslis ook met sy geaardheid en voorliefde om teen heuwels af te gly, sosialemediagebruikers se harte gesteel.
Leny se eienaar het ʼn spesiale Instagram-rekening vir hom geskep wat vol is van video’s waar hy teen heuwels afrol – en as hy nie vinnig genoeg gly nie, dan wriemel hy totdat hy genoeg spoed opgebou het. Dis nie om ‘n stok te gaan haal of selfs voëls te verjaag nie – gly is beslis Leny se gunstelingtydverdryf.
“Sliding down hills and into your hearts,” het sy eienaar op Instagram geskryf.
Hier is ‘n paar van die grappigste video’s:
Klik hier as die video’s nie direk in jou webblaaier wil speel nie.
Te dierbaar vir woorde!
So sweet !!!!!
Oulike hond!
Ons Labrador doen dit ook, gly teen die dam se skuinste af, veral wanneer dit gedou het.
Mis ek nou die dae toe ons as kinders met ‘n kartonboks teen sulke skuinstes afgegly het. Geniet jou geglyery Leni. Sien jy het dieselfde probleem as ons jare terug – daai terugloop na bo…..
Ek neem hom nie kwalik nie,. Ek en my 2 broers het ditbook gedoen as kind. Veral met Bokse by die see se sand duine af!!!
My dag gemaak! So oulik!
My dag ook gemaak.
ai, ek love n golden.. hulle is net die beste honde om te he..