ʼn Beer het op 31 Mei 2017 by ʼn huis in Vail, Colorado in Amerika ingebreek en ʼn paar note op die klavier gedruk. Die voorval is met die gesin se kringtelevisiekamera opgeneem.
Katie Hawley het by die huis gekom en haar kombuis en sitkamer was geplunder. Sy het aanvaar sy was ʼn slagoffer van ʼn huisbraak en het die polisie ontbied.
Die polisie het ondersoek ingestel en vermoed dit was dalk ʼn dier. Hulle het die kringtelevisiebeeldmateriaal nagegaan en gesien hoe die groot swart beer die huis betree en die klavier speel voor hy kos uit die yskas gebuit het.
Die beer het vermoedelik deur ʼn venster toegang tot die huis bekom.
https://youtu.be/EiQU4_9-nOk
Te oulik! Wens ons het ook liewer bere in SA gehad wat ingebreek het!
Ek stem, sou hul welkom heet! : )