
Foto: IFL Science
Het jy al gewonder hoekom die mens ʼn klein groefie onder sy of haar neus het? Dr. Micheal Mosley, ʼn navorser vir die dokumentêre program Inside the human body, het ’n antwoord op dié ongewone vraag gevind.
Navorsers krap al ʼn geruime tyd kop oor dié vraag.
Volgens Mosley se navorsing hou die groef, oftewel die “philtrum”, verband met hoe die gesig in die baarmoeder tydens die ontwikkelingsfase gevorm word.
Hy meen die “philtrum” merk die plek op die gesig waar die verskillende dele as’t ware soos ʼn legkaart bymekaarkom.
“Dit is die plek waar die legkaart, wat die menslike gesig is, finaal bymekaarkom,” verduidelik Mosley. “Die drie hoofdele van die legkaart kom by die bokant van die lip bymekaar, wat eindelik die groef vorm.”
Die vorming van die fetus se gesig vind in die eerste twee tot drie maande plaas.
Die video verduidelik die vorming van die gesig.
Bron: IFL Science
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
18 Kommentare
Interessant. Sou ‘n “haaslip” dan aandui dat die vormingsproses nie 100% voltooi is nie?
So ek neem aan as die vormingsproses nie voltooi is nie moes die kind langer binne gebly het of is ek nou verkeerd..of is hierdie eintlik maar n geraai.
Die man praat nonsens,grootste klomp twak wat ek al gehoor het!
Elmi, dankie vir jou kommentaar en dat jy standpunt inneem, ek het baie respek vir mense wat hulle kundigheid deel en nie bang is om onkundiges op hul plek te sit nie!
As mens absoluut niks van ‘n saak weet nie, is dit beter om in nederigheid stil te bly en te leer by die wat wel weet.