Video: Die rede vir die groefie onder jou neus

Foto: IFL Science

Foto: IFL Science

Het jy al gewonder hoekom die mens ʼn klein groefie onder sy of haar neus het? Dr. Micheal Mosley, ʼn navorser vir die dokumentêre program Inside the human body, het ’n antwoord op dié ongewone vraag gevind.

Navorsers krap al ʼn geruime tyd kop oor dié vraag.

Volgens Mosley se navorsing hou die groef, oftewel die “philtrum”, verband met hoe die gesig in die baarmoeder tydens die ontwikkelingsfase gevorm word.

Hy meen die “philtrum” merk die plek op die gesig waar die verskillende dele as’t ware soos ʼn legkaart bymekaarkom.

“Dit is die plek waar die legkaart, wat die menslike gesig is, finaal bymekaarkom,” verduidelik Mosley. “Die drie hoofdele van die legkaart kom by die bokant van die lip bymekaar, wat eindelik die groef vorm.”

Die vorming van die fetus se gesig vind in die eerste twee tot drie maande plaas.

Die video verduidelik die vorming van die gesig.

Bron: IFL Science

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Adri ·

Interessant. Sou ‘n “haaslip” dan aandui dat die vormingsproses nie 100% voltooi is nie?

Elmi ·

Dit is presies wat dit beteken ja. Ons weet egter hierdie “antwoord op n ongewone vraag” al lank al. Weet nie hoekom hulle nou daaroor skryf nie. Dit is dan immers die presiese patologie van ‘n gesplete verhemelte, oftewel ‘n “cleft palate”.

Zellie ·

Ja ‘n fetus se gesiggie vorm met die 2 helftes na mekaar toe. Dit gebeur binne die eerste 7 weke van die fetus se lewe. En dit is nie ‘n haaslip nie. Dit is ‘n gesplete gesigsdeformiteit.

Chris ·

So ek neem aan as die vormingsproses nie voltooi is nie moes die kind langer binne gebly het of is ek nou verkeerd..of is hierdie eintlik maar n geraai.

Elmi ·

Nee, jy kan die baba langer los, dit sal nie toegroei nie. Dit is maar ‘n inherente probleem met ‘n multifactoral etiologie. Ek praat nou hier uit ‘n dokter se oogpunt en kennis.

johann barnard ·

Die man praat nonsens,grootste klomp twak wat ek al gehoor het!

Elmi ·

Weet jy enigsins iets anders as wat hy hier beskryf. Absoluut niks wat hy in hierdie video beskryf is verkeerd nie. Ons weet presies die volgorde waarin menslike embrios groei om fetusse te vorm en uiteindelik die babatjie wat gebore word te vorm. Dit gebeur presies soos hy hier verduidelik en dit is met fisiese ” serial imaging” van die fetus in die uterus bewys dat dit is hoe dit gebeur. Jy maak jou naam krater deur sulke oningeligde uitlatings te maak soos dat hy ‘nonsens’ praat. Dit is eerder jy wat nonsens praat.

Wern ·

Elmi, dankie vir jou kommentaar en dat jy standpunt inneem, ek het baie respek vir mense wat hulle kundigheid deel en nie bang is om onkundiges op hul plek te sit nie!

Dark.O ·

As mens absoluut niks van ‘n saak weet nie, is dit beter om in nederigheid stil te bly en te leer by die wat wel weet.

Theo Liebenberg ·

Dark. O, reg, Die oumense het altyd gese; Lee vat draai toe jou kraan, dalk sien hul jou vir n volle aan.

piet riet ·

Lig trek BAIE vinniger as klank, daarom LYK sommiges intelligent todat hulle pastei-putte oopgaan

Christine Hölscher ·

Ek en my dogter het GEEN groefies (Philtrums) nie. Slegs 7% van mense in die wereld het nie philtrums nie. My dogter is ongeag van die “gebrek” beeldskoon.

brenda ·

So bly hiers n insetsel; Nie kop of stert van iets uitmaak nie…..miskien moet n klomp van die kommentators dit gaan lees!! Gn wonder die Afrikaner nasie kan nie saamstaan nie; altyd n oor en weer aanval en moddergooiery sonder dat hul die artikel verstaan en hul menings MOET lig!! genugtig!!

Wouter Hayward ·

Hier is n Mooi storie soos deur n Kerkman vertel.voor jou geboorte het God n gesprek met jou oor jou lewe en doel op aarde en as jy vir n rede wil terug praat sit jou Engel sy vinger op jou lippe en se wees stil hier praat ons nie terug nie Daarom die groef op jou bo-lip. Mooi new
Lekker dag julle

Jdv ·

Dankie Wouter……baie mooi gese.

My seun is nou n maand en 2 weke oorlede en jou woorde voel of dit nou vir my bedoel is. Al die argumente en vrae wat ek het en die verwyte wat ek my self toe dig…….miskien moet ek net my vinger op my mond sit en aanvaar dat God gepraat het??

Sann ·

Wouter, dis pragtig… Christine en haar dogter het soet geluister… Jdv , jy mág vra, want dit hou jou nogsteeds waar jy hoort: naby aan God. Baie sterkte en opregte meegevoel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.