[Video] Dié Kersadvertensie roer die hartsnare

‘n Skermskoot uit die video

Die Heathrow-lughawe in Londen het pas sy jaarlikse Kersadvertensie bekendgestel en dié advertensie beloof om die hartsnare te roer, nostalgie aan te wakker en om jou in die Kersluim te plaas.

Dié lughawe het Edward en Doris Bair al verlede jaar aan kykers bekendgestel – maar dié jaar vertel die advertensie die storie van hul huwelik van 50 jaar. Die twee minuut lange advertensie neem die kykers op ʼn nostalgiese reis en vertel hoe dié twee die eerste keer op die einste lughawe ontmoet het.

Hul eerste ontmoeting was juis op ʼn British Airways-vlug in 1967. Edward was ʼn passasier en Doris was ʼn vlugkelnerin.

Die kykers sien deur die loop van die video hoe die twee – wat later ʼn egpaar met kinders en toe ook kleinkinders word – keer op keer weer op die lughawe ontmoet ná ʼn sakebesoek of ʼn besoek aan die familie.

Ross Baker, die regisseur van die advertensie, sê dié karakters verskyn vanjaar weer in Heathrow se Kersadvertensie op aandrang van kykers wêreldwyd.

“Ons passasiers sê gereeld daar is nie ʼn lekkerder gevoel as om in die arms van jou geliefde te wees vir Kersfees nie. Ons wou hê die advertensie moet juis dié gevoel vasvang en mense opgewonde maak om hul vriende en familie oor die Kerstyd by hulle te verwelkom,” het hy gesê.

Die 2016 Kersadvertensie met Edward en Doris het bykans 6 miljoen trefslae gekry. Die jongste advertensie is Maandag bekendgestel en is reeds bykans 200 000 keer gekyk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Eish ·

“… om jou in die kersluim te plaas.”
” … vriende en familie oor kersgety te verwelkom.”
Altyd geweet dit gaan oor menslike emosies en die uitbuiting daarvan deur besighede.
Want…
Yeshua is beslis nie op 25 Desember gebore nie, dit is winter in Israel en die herders en hul skape sou nie buite gewees het nie.
Johannes die Doper was 6 maande ouer as Yeshua en hy is gebore gedurende die Pasga. Sy pa was n priester. Plus 6 maande bring ons by die Huttefees.
Dus middel September tot middel Oktober.
Weereens n katolieke misleiding. Dan die kersbome, nog n heidense gebruik. Lees hoe mooi dit beskryf word in Jeremiah 10: 1-4.

Denise ·

Ai Eish ek stem saam met jou maar die advertensie is oulik ek gan nou nie dat dit na my kop toe gan nie !!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.