Video: Die liedjie wat jou gaan laat huil

Foto: Pexels, Pixabay

Foto: Pexels, Pixabay

Hou die sneesdoekies gereed: ʼn Span wetenskaplikes glo hulle het ʼn liedjie gevind wat mense hartseer maak en selfs kan laat huil.

Die liedjie, “Discovery of the Camp”, ʼn instrumentale stuk wat in die Tweede Wêreldoorlog-TV-reeks, Band of Brothers, gebruik is, word die afgelope paar jaar gebruik om “hartseer voort te bring” in mense in verskeie studies.

Een studie in 2013 het die liedjie gebruik om te bepaal hoe musiek gebruik word om emosies aan te wakker en die musiek is onlangs ook gebruik om die verband tussen hartseer en empatie te bepaal.

Navorsing wat in September 2016 in die joernaal, Frontiers in Psychology, gepubliseer is, verduidelik dat 102 persone tussen 18 en 67 jaar oud na agt en ʼn half minute van “Discovery of the Camp” geluister het en daarna hul gevoelens moes beskryf. Die span navorsers verduidelik “dié stuk musiek is vroeër bewys dat dit suksesvol hartseer emosies in deelnemers kan aanwakker”.

Persone wat aangedui het dat hulle “geraak” is deur die hartseer liedjie, het ook hoër vlakke van empatie getoon – wat moontlik daarop kan dui dat persone wat die pyn van ʼn hartseer liedjie kan voel, beter die pyn van ander mense kan voel.

Wetenskaplike glo dus dat persone, wat empatie beleef, hartseer musiek meer kan waardeer as ander, omdat hulle ʼn dieper vlak van begrip ervaar.

Die liedjie deur Michael Kamen is uit die episode “Why We Fight” van die reeks, Band of Brothers. In die episode ontdek Easy-kompanjie ‘n konsentrasiekamp naby Landsberg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Adri ·

Pragtige Adagio. Wek inderdaad ‘n gevoel van verlatenheid en eensaamheid op.

Gwen ·

Pragtige musiek. Ek wonder net of ’n liedjie nie eerder iets met lirieke is nie? Ek vind die opskrif misleidend want dit is na my mening eerder ’n musiekstuk as ’n liedjie.

SNEL ·

Of my hart is van klip, of ek kort Hollywood bloed, of my dag was net te wonderlik en ek is positief en opgeruimd en beleef my nie in n put nie, maar een sal my met n vuis op die neus moet slaan voor n traan met die musiek/melodie in my ore oor my wange gaan vloei.

O ·

ek wag nounog vir die woorde om te begin…
Nee, die musiek het nie effek op my gehad nie – sou dalk as ek nie heeltyd gewag het vir die ‘liedjie’ om te begin nie.
Baie mooi, sal gereeld na die rustige musiek wil luister.

O ·

…en ek huil baie maklik, en het baie empatie – word net glad nie aangewakker deur die musiek.

Oom Walker ·

Dit stem my nogal hartseer wanneer joernaliste blykbaar nie die verskil tussen ‘n liedjie (sangstuk) en ‘n musiekstuk verstaan nie.

Antionette ·

Ek mis iets seker maar nee die musiek laat my nie huil ,en ek huil maklik.

Isabel ·

Nee. Wou nie huil. Net in afwagting geluister of iets beters kom. Vir my eentonig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.