Video: Die onverwagse haarkapper

Skermgreep uit die video

Dit verg mannemoed om stil te staan as ʼn swartbeer skielik haarstilis speel en jou hare kom kam.

Beeldmateriaal wat in ʼn park in Mexiko verfilm is, wys hoe die swartbeer skielik op sy agterpote staan en ʼn vrou se hare begin vryf.

Volgens die Daily Mail het die voorval Saterdag by die Chipinque Ecologigal Park in Monterrey plaasgevind.

Toeriste staan in die park rond terwyl twee bere op soek is na kos in die vullisblikke. Die toeriste slaan ag op die raad van ʼn vrou wat hulle almal vra om kalm te bly en die bere toe te laat om verby te stap.

Een van die bere besluit egter in daardie stadium om nader te kom kennis maak.

Die Santa Catarina- burgerlike beskermingsowerheid het intussen, sedert die video wyd op sosiale media gedeel is, besoekers aan die park versoek om nie die bere te voer of te fotografeer nie.

Swartbere is gewoonlik minder aggressief as bruin- of grizzlybere, aldus Bear Smart Society. Hulle bly gewoonlik naby aan dorpe en is baie verdraagsaam teenoor mense en val bitter selde ʼn mens aan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Yogi ·

Pragtige beertjie en amper ongelooflik om te aanskou so asof hy die vrou troos of haar hare bewonder? Waarom skuif hulle nie die bere iewers in die natuur waar hulle kan lewe weg van mense en waar hulle kan kos kry sonder om in vullis te grou wonder ek.

Naomi ·

Wat n groot voorreg is dit om deur n beer gestreel te word. Wow.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.