[Video] Die plastieksakkie-truuk wat jou lewe gaan verander

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

Jy gebruik moontlik gereeld plastieksakkies om ʼn toebroodjie of oorskietkos in te bêre, maar jy doen dit dalk verkeerd!

Gewoonlik word iets sommer net in die sakkie gesit, die lug word met jou hande uitgepers en dan word die sakkie verseël.

LV Anderson, assistentredakteur van Slate Magazine verduidelik egter in dié YouTube-video hoe om iets “op die regte manier” in ʼn plastieksakkie te bêre – en voer aan die tegniek “kan jou lewe verander”.

Die Amerikaanse departement van landbou beveel ook aan dat lugdigte houers gebruik moet word as ʼn veiligheidsmaatreël om te verhoed dat bakterieë op kos groei. Dié tegniek verander jou plastieksakkie in ʼn kits in ʼn lugdigte houer en spaar ook baie plek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Jo ·

Sit ‘n strooitjie in die opening ipv jou mond. Sodoende dra jy nie kieme oor nie.

Lodewyk ·

Die mense leef te skoon deesdae en jou liggaam weet nie meer hoe om homself te beskerm as daar `n kiem of iets in hom kom nie. Ek sê nie hiermee dat jy nie moet was en jou liggaam skoon moet hou nie maar dat daar minder ontsmettingsmiddels en antibiotikas ensovoorts gebruik moet word.

Mike ·

Lodewyk jy is reg,as ek dink hoe ek grond en modder ge eet het,en paddas speel,mens word te skoon deesdae.

karen b ·

ag sies man. ek wil nie kos in iemand anders se huis eet wat uit ‘n sakkie kom waarop die persoon sy mond gehad het nie? dis soos om kos te proe en die proelepel gebruik om die kos te roer…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.