Dié video wys jou hoe om jou sokkies in ʼn kleiner bondeltjie op te vou as die gewone rolletjie.
Meeste van ons plaas net die twee sokkies teenaan mekaar, rol dit op en trek dan die een punt oor die ander een. Die wenk in dié video verduidelik egter hoe om die twee sokkies dwarsoor mekaar te plaas en dit dan as’t ware “op te vou”.
Laat weet ons gerus as dié manier vir jou makliker werk as die gewone rolletjie.
Wie het tyd hiervoor?
Praat jy!
Samblief.. kan video vertoon teen 4 keer stadiger spoed. Dis te vinnig om te volg… Vir my altans. Dankie by voorbaat
Ek sal graag wil sien hoe vou hulle hierdie kort sokkies wat mens kry op.
Wys sommer ook vir ons hoe om ‘n paslaken netjies te vou.
Dink Manlief kry ‘n oorval as ek sy sokkies so begin vou. Gaan
dit met myne probeer. Oplossing vir ‘n oorvol laai.
Ja-nee kyk… om videos oor sulke bollie te maak… solank my sokkies skoon en gevou is is dit al wat tel.