Alex Bellos, ‘n wetenskaplike, het sopas die regte, wetenskaplike manier om ‘n koek te sny, op YouTube gelaai.
Dié metode is reeds meer as 100 jaar oud, en maak seker dat jy elke keer die perfekte sny sny en boonop die koek vars hou. Die video is die afgelope twee dae reeds meer as 1.5 miljoen keer gekyk.