[Video] Dié renoster het erge padwoede

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

ʼn Video van ʼn renoster wat ʼn viertrekvoertuig bestorm, het kykers gaande.

Die renoster bestorm uit die bloute die Toyota met beangste toeriste binne-in vasgekeer.

Alexandra Poier (29) van Italië en haar vriendin, die reisverslaggewer Nicoletta Crisponi, het die aanval gesien en die video op YouTube gelaai.

Poier het aan Caters-nuusagentskap gesê die beangste toeriste was vier middeljarige vakansiegangers van ʼn musiekgroep in Duitsland.

Die voorval het in die Etosha Nasionale Park in Namibië plaasgevind. Die renoster het die motor twee keer bestorm voor hy weer koers gekies het.

Niemand is beseer nie.
Lees meer oor die voorval

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Co ·

Seker gedink dis Chinese/Vietnames en anc kaders in daai Toyota!

Akram ·

Genugtig. wonder of daar skoon klere was…. ek self sou seker n merkie gelos het as so kollos op my afstorm.

Jan maak n Plan ·

Daai toeriste kan baie bly wees om daar te kon wegry. Daai kwaai outjie kon daai Hilux maklik op sy dak gegooi het. Maar ja Akram ek stem saam, ek sou seker ook met n skoon stelletjie klere benodig het na so n episode. Die toeriste kon seker nie se hulle het nie waarde vir hulle geld gekry nie.

Karma ·

Daardie toeriste kan bitterlik bly wees die renoster het op die laaste oomblik so effe ‘n stofpad-“gly” gehad, anders was daardie Toyota se deur deurboor! Maar het julle ander kommentators ‘n ding of twee opgemerk – hierdie renoster is nie sommer enige renoster nie; kyk – hy’s onder wit en bo swart [(“member of the New SA? :-))] – te oordeel aan die lipvorm is dit ‘n swartrenoster (is hulle nie dikwels meer befoeterd as die witrenoster nie?)

Theresa B ·

Niemand kan enige van die diere vandag kwalik neem vir sulke optrede nie………………………..
Hulle is absoluut net daar om hulself te verdedig. Niemand anders beskerm hulle nie.

Suzette ·

Jip Theresa jy so reg. Hulle word links en regs uitgemoor deur vandale geen wonder hulle tree so op nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.