ʼn Video van ʼn renoster wat ʼn viertrekvoertuig bestorm, het kykers gaande.
Die renoster bestorm uit die bloute die Toyota met beangste toeriste binne-in vasgekeer.
Alexandra Poier (29) van Italië en haar vriendin, die reisverslaggewer Nicoletta Crisponi, het die aanval gesien en die video op YouTube gelaai.
Poier het aan Caters-nuusagentskap gesê die beangste toeriste was vier middeljarige vakansiegangers van ʼn musiekgroep in Duitsland.
Die voorval het in die Etosha Nasionale Park in Namibië plaasgevind. Die renoster het die motor twee keer bestorm voor hy weer koers gekies het.
Niemand is beseer nie.
Lees meer oor die voorval
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
9 Kommentare
Seker gedink dis Chinese/Vietnames en anc kaders in daai Toyota!
Waar hy beur, daar bars dit.
Genugtig. wonder of daar skoon klere was…. ek self sou seker n merkie gelos het as so kollos op my afstorm.
Daai toeriste kan baie bly wees om daar te kon wegry. Daai kwaai outjie kon daai Hilux maklik op sy dak gegooi het. Maar ja Akram ek stem saam, ek sou seker ook met n skoon stelletjie klere benodig het na so n episode. Die toeriste kon seker nie se hulle het nie waarde vir hulle geld gekry nie.
Hy hou nie van ‘n Toyota nie