Video: Die rob wat kom blad skud het

Skermgreep uit die video

Internetgebruikers koer oor ʼn rob wat van naby kennis gemaak het met ʼn skubaduiker.

Dié video is naby die kus van Northumberland in Engeland verfilm. Ben Burville, ʼn mediese dokter en onderwaterkameraman, is in die video te sien saam met die vriendelike rob.

In die video lyk dit kwansuis of die rob Burville nader en sy blad kom skud.

“Dis belangrik om te noem, vir diegene wat kritiek het oor enige kontak, dat die rob 100% in beheer is van enige onderwater-ontmoetings,” het Burville gesê toe hy die video gedeel het. Die rob bly selfs vir ʼn rukkie lank by Burville sodat hy vertroetel kan word.

Dit is nie die eerste keer dat Burville die kans het om blad te skud met ʼn rob nie. Volgens Fox News verfilm hy al 20 jaar lank grysrobbe. “Die voorste vinne van ʼn rob kan net soos ʼn menslike hand gryp,” het Burville ongeveer ses jaar gelede geskryf, toe hy ʼn soortgelyke video gedeel het waar ʼn rob sy hand vashou.

Hy waarsku egter ander duikers om nie aan robbe te vat nie, omdat hulle kragtige kake en skerp tande het wat baie gevaarlik kan wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Lieflik ·

Dit is so kosbaar en mooi, jy kan nie help om te sluk aan die knoppe in die keel en ‘n traan of twee wat rol.

Anoniem ·

Hierdie rob kon virseker aanvoel dat die duiker hom nie wou leed aandoen nie, die dat hy kom “bladskud” het. Dit is te kosbaar dat mens en dier onder die water so mekaar kon “ontmoet”.

Sandra ·

Die rob is te mak om daar te wees. Hy is heel moontlik al deur Baie mense ring en het nou geen vrees nie.

ChrisE ·

Die duiker kan gerus wees die dier gaan hom nie aanrand en “rob” nie.

My mening ·

So mooi. Partykeer kan ons by diere leer hoe om teenoor mekaar op te tree en mekaar te aanvaar.

Erika ·

Wow! dit is soooo kosbaar….. het die video vreeslik geniet…

Ekke ·

Dit is soooo mooi… wat ‘n spesiale aanraking – soveel liefde daarin !

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.