[Video] Dié sambreel skrik nie vir wind, weer of swaar reën

Die Suprella (Foto: Suprella)

Die Suprella (Foto: Suprella)

Kom wind, kom weer, kom oseaan – die Duitse maatskappy Suprella het pas die sambreel herontwerp en dié nuwe ontwerp sal glo verseker dat jy nooit weer sukkel om ʼn sambreel vinnig oop en toe te vou en papnat word wanneer die reënwater op jou drup nie!

Suprella het sy gelyknamige sambreel verlede week op sosiale media bekendgestel en dié flink ontwerp het soos ʼn veldbrand op sosiale media versprei.

Die vervaardiger sê op sy webwerf die sambreel is glo twee maal so sterk soos gewone sambrele en is ook bestand teen stormwind en reën.

Die suprella is verder ook weerstandig teen skadelike ultraviolet-sonstrale en ontwerp met nanotegnologie, wat verseker dat reëndruppels bloot van die sambreel afrol.

Anders as die ‘ouer weergawe’ van die sambreel, vou die suprella ook van binne na buite, in plaas van van buite na binne, sodat die reëndruppels nie teen jou klere afrol nie. Dit kan glo ook in ʼn baie kleiner spasie oop-en-toe gevou word.

Meer as 10 verskillende ontwerpe van die suprella is aanlyn beskikbaar.

Dié sambreel sal jou $50 (ongeveer R675) uit die sak jaag. Die suprella kan ook na Suid-Afrika gestuur word per koerier.

Vir meer inligting, besoek hul webwerf.

Bron: Suprella

☂☔ The Umbrella just got RE-INVENTTED! ☔☂ And WE have it! ►Never get wet anymore! ►No more hassles! ►Extremely useful! ►GET YOURS NOW on Suprellapro.com

Posted by Suprella Pro on Wednesday, November 2, 2016

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.