ʼn Baba lag te lekker vir sy ma wat ʼn fopspeen in haar mond sit – elke keer wat sy die fopspeen uithaal, lag hy só lekker dat hy byna nie kan asem kry nie. Die Facebook-blad “Poke my heart” het die video Saterdag opgelaai en dit is in vier dae reeds meer as 24 miljoen keer gekyk.
Mens kan nie help om saam met hom te lag nie!
Sy of haar?
Ella,
Die seuntjie lag elke keer as SY ma die fopspeen in HAAR (die ma) se mond sit…
Sien niks fout met bewoording nie
Dis oulike video – hou op foutvind
Dankie Maroela Media. Nou lekker saam gelag.
Dis so cute! Ek nou lekker saam gelag. My oudste het ook as baba so lekker uit sy magie gelag.