Video: Die toekoms binne met Virgin se Hyperloop

Skermgreep uit die video

Virgin Hyperloop het ʼn video vrygestel van sy visie vir ʼn hoëspoed-vervoerstelsel wat passasiers glo teen 1 078 km/h sal kan vervoer.

Die maatskappy, deel van Richard Branson se Virgin-sakeryk, voer aan dat dié nuwe vervoerstelsel “die standaard sal stel vir 21ste eeuse reis deur stede aan mekaar sal verbind deur minute lange reise”.

Die ontwerp vir die futuristiese vervoerstelsel is ʼn rits peule in ʼn buis waar ʼn vakuumtipe omgewing geskep word. Die batteryaangedrewe peule sal teen 1 078 km/h in die buise gly en die hoë spoed word verkry deur aërodinamiese weerstand te verminder.

Anders as treinwaens is die peule nie aan mekaar verbind nie en dit kan dus maklik na verskillende bestemmings gestuur word.

Die video, wat Branson op YouTube gedeel het, verduidelik dat die peule uiteindelik 28 passasiers sal kan vervoer.

“Nadat ons die eerste hyperloop-stelsel gebou en getoets het, kan ons nou op ons kommersiële produk fokus. Die sleutel tot ons produk word gelei deur ʼn ontwerp wat elegant is in sy eenvoudigheid, en toekomsbestand is danksy sy modulêre ontwerp, en gelei word deur beginsels van dié eeu.”

Die maatskappy se teiken van 1 078 km/h is drie keer vinniger as hoëspoedtreine en meer as 10 keer vinniger as tradisionele treine.

Alhoewel die vervoerstelsel baie indrukwekkend is, is die hyperloop nog onbewese tegnologie.

Virgin Hyperloop het die eerste menslike reis in ʼn hyperloop-peul vir die eerste keer in November 2020 getoets. Tydens die toets het dit egter slegs 160 km/h op die spoor gehaal.

In die kommentaar onderaan die video is kykers hoofsaaklik positief oor die moontlikheid, maar talle wonder oor die lewensvatbaarheid daarvan en of dit nie nog bietjie wensdenkery is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

5 Kommentare

jongste oudste gewildste
VaalDonkie

Klink lekker.

Misky

Maak eintlik nogal sin en as mens mooi daaroor dink, baie veiliger as byvoorbeeld ‘n vliegtuig

Bertus

Gaan bou eerder ‘n gym ou vriend.