Video: Die verste wat jy op aarde sou kon stap

Skermgreep uit die video

As jy bietjie gewig wou afskud ná die Kersvakansie, dan kan jy dié ongeveer 23 000 km lange staptog aanpak – wat in L’Agulhas in die Wes-Kaap begin.

RealLifeLore, wat interessante vrae op sosiale media probeer beantwoord, het bepaal dat die langste staptog wat mens sou kon aanpak (sonder om van bote gebruik te maak) strek vanaf L’Agulhas in die Wes-Kaap tot by Magadan in Rusland. Die roete is 23 068 km lank met hoogteveranderings van ongeveer 123 000 m.

Die hoogteverandering is dieselfde as om Everest byna 14 keer op en af te klim.

Google Maps reken jy behoort die afstand in 4 646 ure (194 dae) af te lê. RealLifeLore verduidelik egter dat die gewone mens, oor dié afstand en onder dié omstandighede, waarskynlik nie meer as 20 km per dag sal kan aflê nie. Dit sal jou dus sowat 1 153 dae neem (ongeveer drie jaar).

Dié video wys die gevare wat jy langs die pad kan verwag: slange, malaria, oorloë, misdaad en natuurlik verkluimende toestande in Rusland van -39°C in die winter.

Let wel: Die afstand sal effens wissel wanneer jy self die roete op Google Maps probeer opsoek, omdat Google Maps jou toelaat om van bote en veerbote gebruik te maak wat vir die doeleinde van dié stukkie navorsing, nie toelaatbaar is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.