Video: Die vis wat ʼn muur kon ‘klim’

Skermgreep uit die video

ʼn Video van ʼn vis wat lyk of hy ʼn muur uitklim, laat sosialemediagebruikers verbaas.

Die video is oorspronklik op Reddit gedeel waar die vis se vreemde gedrag duisende kommentare uitgelok het.

ʼn Oranjekleurige vissie swem teen die stroom teen ʼn muur op en beland dan bo-op die muurtjie waar ʼn metaalrasper dit verhoed om verder te swem.

“Ek is so trots op hom,” skryf een gebruiker. “Die einde is bietjie hartseer. Hy het nou al die moeite gedoen en wat nou?”

“Lyk of hy homself teen die muur opsuig!” het ʼn ander geskryf.

Volgens ʼn verslag in 2015 deur die National Geographic is dit nie vreemd dat ʼn vis kan “klim” nie en talle visse het ʼn natuurlike instink om stroomop te swem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.