[Video] Die waarheid agter volstruis in verkeer

'n Skermskoot uit die video.

‘n Skermskoot uit die video.

ʼn Video van ʼn man van Kazakhstan, wat op ʼn volstruis deur swaar oggendverkeer vleg, het sosialemediagebruikers al dae lank aan die gons.

Die video, wat skynbaar met ʼn kamera op die paneelbord van ʼn motor in die stad Almaty vasgevang is, wys hoe die volstruis verby die stilstaande motors hardloop. In die agtergrond kan gehoor word hoe die motoris verbaas uitroep. Hoewel baie kykers skepties was oor die egtheid van die video, berig The Daily Mail plaaslike polisie het die voorval ondersoek en probeer vasstel of die beeldmateriaal vervals is.

Dit is die afgelope week wyd op sosiale media gedeel, maar die waarheid agter die oorsprong daarvan het eers Vrydag uitgekom, toe die bankgroep Astana Bank erken het hulle is vir die video verantwoordelik. Die bank het op sy Facebook-blad gesê die video was deel van ʼn bemarkingsveldtog en het ʼn opvolg-video gedeel waarin hulle wys hoe die oorspronklike video gemaak is.

Die video wat Astana Bank op hul Facebook-blad gedeel het:

#gocrazy #gosrazu

А вот видео, как это было :)

Posted by Astana Banki on Thursday, September 1, 2016

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.