Talle vroue neem jaarliks – in hul trourokke – deel aan ʼn “wegholbruid”-wedloop in Narva, Estland.
Ongeveer 75 vroue van Estland en Rusland het vanjaar op 6 Junie by die Narva-kasteel bymekaargekom om aan die 50 m-wedloop deel te neem.
Die bruide is almal die afgelope jaar getroud en neem in hul eie rokke deel.
Die wenner ontvang ʼn goue ring met ʼn edelsteen.