[Video] Die wêreld se grootste boomhuis

boomhuis

Skermskoot uit die video

Hierdie 30 meter hoë boomhuis word deur ses eikebome ondersteun en het 80 verskillende vertrekke.

Konstruksiewerk aan Horace Burgess se boomhuis in Crossville, Tennessee, het in 1993 begin nadat hy glo ʼn visioen gesien het tydens gebed.

Die boomhuis is vandag nog steeds ʼn gewilde toeriste-aantreklikheid, al is dit in 2012 gesluit weens brandweer-regulasies. Dit staan nie-amptelik bekend as die grootste boomhuis in die wêreld.

Horace was die plaaslike dominee en voer aan hy het in 1993 gebid toe God vir hom gesê het: “As jy ʼn boomhuis bou, sal ek seker maak dat jy altyd genoeg materiaal sal hê.”

Die huis, wat ook as ʼn kerkgebou ingespan is, word onder andere ondersteun deur ʼn 24 meter hoë eikeboom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.