Devin Graham, avonturier en rolprentmaker, bou die wêreld se grootste swaai in Moab, Utah in Amerika.
Dit is ʼn intense adrenalienskoot vir die rotsklimmers wat meer as 100 voet (30 meter) vryval en binne 10 voet (3 meter) van die rotsboog die toppunt van die swaai bereik. Dié video is reeds meer as 16 miljoen keer op YouTube gesien.
‘n Video van Graham se nuutste swaai verskyn onderaan die berig.