[Video] Die wêreld se hoflikste toeter

Skermgreep uit die video

ʼn Ingenieur het ʼn spesiale toeter in sy motor geïnstalleer en reken alle motors behoort standaard met dié vriendelike toet toegerus te word!

Mark Rober (37), van San Francisco in Amerika, is ʼn ingenieur, uitvinder en YouTube-persoonlikheid. Meer as 1 miljoen mense het al by sy YouTube-kanaal aangesluit waar hy gereeld video’s oplaai oor wetenskap, doen-dit-jouself-toestelle en kreatiewe idees. Hy het ook sewe jaar lank by Nasa aan die Curiosity-tuig gewerk wat nou op Mars gebruik word.

In dié video verduidelik Rober hoe hy padkommunikasie wil verander deur verskeie toeters in ʼn motor te installeer om verskillende boodskappe, op ʼn “hoflike manier” te kommunikeer. Hy verduidelik ʼn gewone toeter in ʼn motor klink onbeskof en kwaad en soms wil mens eintlik net op ʼn hoflike manier iemand laat weet om te ry by ʼn verkeerslig of indien hulle dalk van baan wil verwissel en moontlik voor jou gaan inry.

Hy verduidelik die besonderhede wat mens moet aankoop en hoe om die nuwe toeter te installeer en wys ʼn hele reeks gebruike vir dié hoflike toeter.

Hy installeer uiteindelik drie toeters in sy motor, ʼn hoflike, alledaagse toeter, ʼn vriendelike, sagter toeter om met voetgangers te kommunikeer en dan ʼn groot vragmotor-toeter.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Toeter ·

Ek stel belang in ‘n skip-‘toeter’ om dit sagkens te stel. Gister in Vanderbijlpark was die verkeerslig al rooi terwyl ek regs wou draai toe foeter die beesblaas nog steeds oor die rooilig van voor. Kort daarna wou ek ook by ‘n lig regs draai met ‘n voertuig wat van voor aankom wat na my mening té naby was en blaas die beesblaas sy toeter vir my hier van agter af. Rober moet ook daaraan dink om vir laasgenoemde padvark ook ‘n sproeier te ontwikkel met die toepaslike reuke. Ek kort 9 dae om vir 57 jare ongeluksvry te bestuur en behoort by hierdie tyd te weet wat ek doen. Deur tydrenne vroeër jare het ek ook ‘n magdom geleer. K53 is ‘n sirkus.

Peet J ·

Drie verskillende toeters? Hoe sal die ander motoriste en voetgangers ens. nou weet wat is die betekenis van die verskillende getoet. ‘n Toeter instrument is ‘n vereiste volgens wet en moet seker aan sekere vereistes voldoen om ‘n sterk waarskuwing aan ander voertuigbetuurders, voetgangers uit te stuur om ongelukke te kan voorkom wanneer hulle moontlik fouteer ook bv. diere in die pad ens. en behoort nie as ‘n uitnodiging aan iemand gerig te word nie.

Anoniem ·

Gebruik die vragmotor toeter vir taxis. Ek raai dis die hardste toeter.

Koos ·

Waarom kan ek nie julle videos oopmaak nie. Nie een wil werk nie. Plaas asb tog ‘n link na ELKE artikel sodat mens dit asb kan kyk. Elke keer sien ek net ‘n skerm greep.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.