Foto’s en ‘n video van die vlug volg onderaan die berig. Die wêreld se kortste handelsvlug is tussen twee Orkney-eilande, net noord van Skotland en duur slegs twee minute.
Die afstand tussen Westray en Papa Westray is 2.7 km en jy kan van die lugredery, Loganair, gebruik maak om dié vlug te onderneem.
Die vlug is amptelik twee minute lank, maar onder ideale windtoestande kan die vlug binne 47 sekondes afgelê word.
Kaartjies kos sowat $30 (nagenoeg R300) per persoon, maar daar is ongelukkig geen spysenieringsdiens aan boord nie.
Volgens berigte in die Daily Mail is 30% van die vlugte se passasiers verbonde aan die Orkney-eilande se onderwysdiens, maar daar is ook talle personeellede van die Skotse Nasionale Gesondheidsdiens en selfs pasiënte.
Daar bly net meer as 70 mense op Papa Westray en daar is sowat 60 argeologiese terreine.
Die vlugte is in die somer ʼn paar dae per week beskikbaar vir mense wat net graag die vlug wil onderneem en wat graag na Orkney wil terugkeer, eerder as om op die eilande te bly.
Bron: http://www.amusingplanet.com/2013/08/worlds-shortest-commercial-flight-is.html
‘n Video van die volledige vlug verskyn onderaan die foto’s. Klik telkens op ‘n foto om ‘n groter weergawe te sien.