Video: Die wêreld se vriendelikste restaurant

Die video volg onderaan die berig. Tim Harris (26), ʼn downsindroomlyer, het nog altyd daarvan gedroom om sy eie restaurant te hê.

Sy droom is in 2010 vervul toe hy Tim’s Place in Albuquerque, New Mexico in Amerika, geopen het. By dié restaurant bedien hulle “ontbyt, middagete en drukkies”.

Tim sê die drukkies is baie belangriker as die kos en volgens die restaurant se “amptelike drukkie-teller” het hy al meer as 40 000 drukkies aan klante uitgedeel.

Klik hier om die restaurant se webwerf te besoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.