Video: Dief word toe self beroof – twee keer!

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

Beeldmateriaal van ʼn dief in Sao Paulo, Brasilië, wat self twee keer beroof word, doen weer die ronde op sosiale media.

Mauricio Fierro het op ʼn plaaslike televisiekanaal die vlak van misdaad in sy stad bekla nadat hy in Desember 2012 beroof is. Terwyl hy besig was om ʼn apteek te beroof, het ʼn ander dief hom van sy gesteelde motor ontneem, en toe hy met die sak geld uit die apteek kom, slaan nóg ʼn dief toe.

Hy wou die misdaad by die plaaslike polisiestasie gaan aanmeld, waar hy die apteker –wie hy sopas beroof het – raakgeloop het. Hy is dadelik in hegtenis geneem.

Hy het aan verslaggewers gesê dit is vir hom baie erg dat hy nie eers sy “swaarverdiende eiendom” behoorlik kon geniet nie.

“Mens kan nie eers meer ʼn oneerlike lewe leef nie!” het Fierro gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.