ʼn Video van ʼn teef wat haar babahondjie beskerm, het sosialemediagebruikers gaande.
Die video, wat op 8 November deur Jean Xu op Facebook gelaai is, is al meer as 66 miljoen keer gekyk met meer as 2,7 miljoen persone wat dit gedeel het.
Jean, van Los Angeles in Kalifornië, VSA, het net by die video geskryf: “Can I shake puppy’s hand?”, “No!”
Daar is verskeie webwerwe wat eienaars van honde leer hoe om hul hond te leer om “blad te skud”. Almal het dit eens dat dit gepaard moet gaan met ʼn lekkerny en om jou troeteldier die woord “poot” (of in Engels “paw”) te leer. Jou hond moet dan uiteindelik leer hoe om “poot” te gee, sonder enige lekkerny. Hierdie webwerf het volledige besonderhede hoe om jou hond te leer.
As die alle mammas en pappas ook maar net so beskermend was teenoor hul kroos..
Dit wyd jou diere het meer liefde vir hulle kinders as party mense
Ounooi! Dis te dierbaar – so uit die hart en instink.
Slim mamma – sy weet wie eet hondevleis
Ek hou nie van die agtergrond waar die honde hulle bevind nie en kyk die nat kolletjie op die vloer. Kyk ook hoe gooi hy die ma se hand neer wanneer sy dit aanbied.