[Video] Dís nou vir jou ʼn verkeersknoop!

Skermgreep uit die video van die verkeersknoop op die 405 in Los Angeles (24 November 2016)

Skermgreep uit die video van die verkeersknoop op die 405 in Los Angeles (24 November 2016)

Beeldmateriaal van ʼn verkeersknoop tydens Danksegging in Los Angeles, is reeds deur miljoene persone gekyk en word beskryf as moontlik die ergste verkneersknoop ooit in Kalifornië se geskiedenis.

ABC7-nuuskanaal het die ongelooflike beeldmateriaal gepubliseer wat uit sy helikopter geneem is van die 405-snelweg, een van die besigste paaie in Amerika.

Meer as 76 miljoen mense het binne ‘n paar uur na die video gekyk. Dennis John Depew het gepas kommentaar gelewer: “It’s called the 405 for a reason: It takes you ‘4 o’ 5’ hours to get anywhere.”

Nog ʼn kommentator het dit vergelyk met rooi- en witbloedselletjies wat deur ʼn mens se are bruis. “Dis mooi om te sien, maar ek wil nie in dit wees nie,” het hy verduidelik.

Die beeldmateriaal is geneem terwyl miljoene Amerikaners die strate, lughawens en treine ingevaar het om vir Dankseggings-vakansiedag by hul gesinne en geliefdes uit te kom. Minstens 49 miljoen Amerikaners reis na verwagting meer as 80 km, het Associated Press berig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

sanja ·

Ek weet darem nie of ek die geduld het vir so ‘n verkeers opeenhoping nie, maar dit lyk darem of die stroom beweeg…….dis eintlik n mooi gesig,,,,lyk soos kersfees liggies…

Justice ·

Sanja dit is sekerlik die mees positiewe kommentaar op ‘n spreekwoordelike nagmerrie wat ek lanklaas gesien het. Jy sien beslis die glas half vol. Ek het groot respek daarvoor – doen so voort.

Marietjie ·

Ons het in Amerika gaan vakansie hou een jaar. Dit gebeur toe dat ons in so ‘n verkeer beland. Dit was nog in die oggend. Ons stel vir GPS in op die eerste eetplek in trek af en geniet ‘n ete. Ons rede was ons sit genoeg in die verkeer by die huis, dat ons hoef seker nie daar ook nog in die verkeer te sit en dit terwyl ons met vakansie is nie.

SAnja ·

Justice….ek neem die compliment openhartig aan, baie dankie…..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.