Video: Dís nou vir jou oëverblindery!

'n Skermskoot uit die video

‘n Skermskoot uit die video

Zach King toor dalk nie in die ware sin van die woord nie, maar sy 6 sekonde-video’s op die sosialemedia-platform Vine sal jou mond laat oophang.

Die YouTube gebruiker, FarlyTeem, het ʼn versameling van Zach se beste en verstommendste video’s saamgestel. Zach spring deur mure, laat lekkergoed by sy rekenaarskerm uitval en pluk ʼn appel van ʼn foto op sy rekenaarskerm.

Vine is ʼn app wat gebruikers toelaat om kort video’s te skep en op te laai. Die maksimumlengte van ʼn video is ses sekondes en die video herhaal homself sonder ʼn breuk. Vine is in Junie 2012 deur Dom Hofmann, Rus Yusupov en Colin Kroll gestig en die maatskappy is in Oktober 2012 deur Twitter oorgekoop.
http://youtu.be/YI-MIhsx1xg

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.