[Video] ‘Dit wys jou wat liefde vir ʼn hond kan doen’

Dolly voor haar merkwaardige transformasie (Skermskoot uit die video)

Dolly voor haar merkwaardige transformasie (Skermskoot uit die video)

ʼn Video van die merkwaardige transformasie van ʼn rondloper-poedel is al meer as 1.6 miljoen keer op YouTube gekyk.

Die nie-winsgewende organisasie Hope for Paws het ʼn oproep ontvang oor ʼn poedel wat dringend hulp benodig.

Toe Eldad van Hope for Paws in Los Angeles, Kalifornië, en Sylva Kelegian van The Forgotten Dog-stigting by die poedel aankom, was sy in ʼn erge toestand en haar pels vol koeke. Hulle kon nie eers sien of dit ʼn reun of ʼn teef is nie.

Dolly, soos die poedel later gedoop is, het egter vinnig reageer op Eldad se liefdevolle aanraking en sy is saam met hulle om versorg te word.

Dolly se lewe het verander. Ná ʼn paar uur by die salon het sy soos ʼn splinternuwe brak gelyk en haar persoonlikheid het sommer verander.

Sy is aangeneem danksy die Forgotten Dog-stigting.

“Talle honde soos Dolly het net ʼn tweede kans nodig,” het Eldad gesê. “Dit is verstommend wat liefde aan ʼn hond kan doen – Dolly se sprankelende persoonlikheid het na vore gekom. Deel gerus hierdie video sodat mense kan sien hoe ʼn hond hanteer moet word.”

Hope for Paws red honde en alle ander diere wat op die straat en in skuilings beland. Hulle versorg die diere in ʼn huis, sonder enige hokke, totdat die dier ʼn permanente huis kan vind. Die doel van die organisasie is om mense op te lei oor die belangrikheid van diere as metgeselle en om dieremishandeling te voorkom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Hettie ·

O sy is pragtig! Baie bly sy is gelukkig by nuwe eienaar. Pas haar mooi op.

Berhalet Beukes ·

Magic! Dit roer ‘n mens se se hart wanneer mense soveel moeite doen!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.