Video: Dogter vra sterwende pa om vir ‘n trouvideo te dans

Rachel en haar pa, dr. James Wolf

Twee video’s volg onderaan die berig: die dans-video en ‘n video op YouTube waar Rachel haar pa vra om saam met haar te dans. Rachel Wolf is nog nie eers verloof nie, maar sy het vroeër vandeesmaand haar pa, wat pankreaskanker het, gevra om haar troue se openingsdans saam met haar te dans. Dié video sal dan op haar troudag gespeel word.

Rachel (25) het ʼn wit trourok aangetrek en haar hare en grimering laat doen. In ʼn onderhoud met die Today-televisieprogram wat Maandag uitgesaai is, het sy verduidelik waarom sy die video wou maak. “My pa, dr. James Wolf, het moontlik minder as drie maande oor om te leef,” het sy gesê. Hy sal dus moontlik nie haar troudag kan bywoon nie.

“Daar is soveel dinge wat ek graag sou wou hê die meisies moet saam met my ervaar,” het Wolf gesê. “En ek gaan nie daar wees nie.”

Wolf en haar pa het op die maat van Cinderella deur Steven Curtis Chapman by die Auburn-ontspanningsterrein in Auburn, Kalifornië, gedans.

http://youtu.be/dOAp6MXymmc

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.