Video: Dolfyn ‘gaps’ vrou se iPad

Foto: Fox 13 News/Kuadiel Gomez

Foto: Fox 13 News/Kuadiel Gomez

ʼn Video van ʼn dolfyn by die Seaworld-oord in Orlando, Florida, wat ʼn vrou se iPad uit haar hande “gaps”, maak groot opslae op sosiale media.

Die onbekende vrou was besig om saam met ʼn groep toeskouers na die dolfyne te kyk, toe een van die dolfyne skielik uit die water kom en die toestel met sy bek gryp.

Kuadiel Gomez, ʼn gereelde besoeker aan die oord, het aan FOX 13 vertel die vrou was besig om foto’s te neem toe die voorval plaasgevind het.

“Ons word vooraf gewaarsku oor los items by die oord. Ek was besig om my kamera reg te kry om my seuntjie af te neem terwyl hy die dolfyne vryf. Ek kon nie glo wat voor my oë gebeur het nie. Sy was beslis baie ontsteld gewees,” het hy gesê.

Die vrou was egter in staat om die iPad uit die dolfyn se bek te gryp voordat dit onder die water verdwyn het.

In die video kan gehoor word hoe ʼn Seaworld-gids aan ander toeskouers sê: “Soos julle kan sien, die dolfyne kan julle los items gryp.”

Die video is in 48 uur bykans een miljoen keer gekyk.

Bron: FOX 13

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Leon Pit ·

Ja Koos defnetief n Afrika Dolfyn sy houding sê alles .

Lithop ·

Ai tog. Kan julle nooit ooit iets geniet sonder om een of ander rassistiese of siniese konnetasie te maak nie? Dit lyk my asof elke (orraait, minstens die helfte) van die mense wat kommentaar lewer bitter, onvergenoegde mense is wat almal behalwe hulself vir hulle probleme en vrese blameer.

Theresa B ·

Ag kom nou Lithop. Sien bietjie die humor in die kommentaar. Regtig!!
As ons nie bietjie humor aan al die snert in ons land Koppel nie – wat gaan van ons word!!
Ek dink dis baie snaaks. Wonder wat het die dolfyn van onder die water gesien. Seker iets wat soos hy lyk en besluit hy wil nader kennis maak . You go dolfyn. Eerste een met ‘n ipad. Net jammer hy kon dit nie hou nie. LOL!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.