Video: Dom diewe laat almal skater

'n Skermskoot uit die video

‘n Skermskoot uit die video

Om beroof te word, is gʼn grap nie, maar dit verander egter gou in ʼn skreeusnaakse petalje wanneer die boef in die moeilikheid beland omdat hy nie kop of stert kan uitmaak hoe om ʼn deur oop te maak nie.

Die YouTube-gebruiker kromedome87 het ʼn video van sekuriteitsbeeldmateriaal gedeel waar gesien kan word hoe misdadigers sukkel om uit te pluis watter kant toe die deur oopmaak.

Die video is in 2010 op sosiale media gedeel, maar het onlangs weer die ronde op sosiale media gedoen – ʼn giggel is nooit te versmaai nie!

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Hard gelag ·

Dankie Maroela Media.
Ja dit is al oud en ek het dit al gesien maar het myself flou gelag vir dit! Ek is so bly en dankbaar julle het dit hier gesit! Weereens het dit werklik waar baie geniet en hoop julle doen dit weer!
Ek hoop julle het almal n geseënde aand! ❤️

Candice ·

Regtig hoe nice sal dit wees as ons sulke screens kry vir winkels en banke wat beroof word! Kom SA goverment doen bietjie jul werk!

SP ·

As hulle so dom is, hoekom is hulle dan nog nooit gevang nie….Wie is dan eintlik dom?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.