Video: Dowe pa verstom toe eenjarige vir hom tolk

Skermgreep uit die video

ʼn Pa, wat gehoorgestremd is, het ʼn ongelooflike oomblik gedeel toe sy peuter vir die eerste keer vir hom getolk het.

Zachary, wat die profiel @oursignedworld op TikTok bedryf, was verstom toe sy eenjarige dogter Madison gebaretaal gebruik het om met hom te kommunikeer. Sy wou vir hom wys daar is ʼn baba wat huil.

“Ek is doof en my dogter kan hoor. Dit is die eerste keer wat sy probeer het om vir my te tolk,’ het hy geskryf toe hy die video gedeel het.

In die video loop hy en Madison in ʼn supermark toe sy skielik gaan stilstaan, neersit wat sy vashou, en dan met gebaretaal vir hom wys ʼn baba huil.

“Sy het neergesit wat sy gedra het, gewys dat ʼn baba huil en gewys waar die baba huil! Dit was ʼn wow-oomblik,” voeg Zachary by.

Die video is reeds byna 20 miljoen keer gekyk met duisende kykers wat geraak is deur die oomblik. “Wow! Sy het nie net getolk wat sy hoor nie, maar sy het besef dat jy dit nie ook kan hoor nie. Ongelooflik.”

ʼn Ander skryf: “Slim meisie! Sy leer twee tale en verbind die twee om met die wêreld te kommunikeer. Super-kleuter!”

Zach en sy vrou Courtney, wat ook kan hoor, leer hul dogter hoe om deur gebaretaal met haar pa te kommunikeer. “Ons gebruik gebaretaal om as ʼn gesin te kommunikeer, maar ek en Madison praat ook Engels met mekaar,” het Courtney op hul YouTube-kanaal gesê.

@oursignedworld

This was a WOW moment ???? #deaf #deafdad #coda #fatherdaughter #daddysgirl #viral #4u #fyp #ForzaHorizon5GO #signlanguage #asl #toddlersigning

♬ In The Forest (Acoustic Indie No Copyright) – Instrumental – Lesfm

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.