Joanne Milne (39) van Gateshead in Engeland kon vandeesweek vir die eerste keer in haar lewe hoor nadat haar kogleêre inplantings aangeskakel is.
Milne is doof gebore en as ʼn blinde geregistreer. Die emosies oorweldig haar terwyl die verpleegster die dae van die week vir haar opsê.
Volgens die Telegraph het Milne Usher-sindroom, ʼn seldsame genetiese afwyking wat lei tot gehoorverlies en gesiggestremdheid.
Haar operasie het reeds verlede maand by die Queen Elizabeth-hospitaal in Birmingham plaasgevind, maar die inplantings is eers Maandag aangeskakel. Klik hier om meer te lees.
http://youtu.be/S7LcNUxcQ8Y