Video: Dragtige rooibok deur wildehonde aangeval

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

Die YouTube-kanaal, Kruger Sightings, het merkwaardige beeldmateriaal opgelaai waar ʼn trop wildehonde ʼn dragtige rooibok aanval.

Die wildehonde se vernuftigheid is duidelik in die video te sien.

Die video is in die Krugerwildtuin geneem.

WAARSKUWING: Die video kan sensitiewe kykers ontstel, aangesien mens kan sien waar die lammetjie uit sy ma se pens getrek word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

anita ·

Hoekom het die persone wat video geneem het nie honde verwilder wat dragtige bokkie aanval nie ???????

Thys Human ·

Omdat mens nie met die natuur moet inmeng nie. Is dit nie “god” se werk nie? Hoekom het “hy” wilde honde – en leeus en tiere …en natuurlik mense met gewere – gemaak?

snel ·

Ai Thys, so maklik om vir God altyd die skuld te gee vir alles. Dit gaan terug na die sondeval, die mens het gekies om so te lewe, God wou vrede en harmonie hê, maar ons het dit oor ons gebring of ons voorvaders. In die laaste dae sal minder mense in God glo, maar hulle sal steeds die knieg voor Hom moet buig. Die wat die Here se heerskappy verwerp en Sy wil ignoreer, kan van Hom af probeer vlug, maar hulle is steeds onder Sy heerskappy. As Jy jou Bybel ken, sal jy weet hoe alles in plek val en God nie die skuld vir alles gee nie. Jy is uit grond gemaak, snaaks dat al die minerale in grond in jou liggaam is, self die suiwerste goud is in n klein persentasie in jou. God lewe, of jy in Hom glo of nie, gaan Sy bestaan nie uitvee nie.

Elizabeth ·

Dis die natuur – volmaak geskep, net soos dit is. Dit lyk en klink wreed, maar die natuur werk volgens ‘n volmaakte plan en geen inmenging van die mens is nodig nie. Die mens doen genoeg skade aan die natuur en omgewing op sy eie!

Asjas ·

Meskien verstaan ek Thys verkeerd maar ek dink nie hy blammer God nie, hy noem maar net dat God die natuur geskep het met al die diere in die natuur en dat ons mense moet ophou inmeng? Dit is vir my ongelooflik wreed en kan nie met sekerheid se dat nie NIE sou inmeng as ek daar was nie, maar die feit bly staan, ons moet ophou inmeng in die natuur en laat dinge sy natuurlike gang gaan. As jy Wildtuine besoek is dit die tipe ding wat jy gaan sien. As jy dit nie wil sien nie, bly weg of beweeg aan. Daar is hoeveel Videos op Youtube waar die bok die oorhand gekry het. Dit was maar net nie die bok en haar kleinding se dag om te oorleef nie. So gevoelloos soos dit klink het dit baie baie jare gevat om my naiewe (spelling?) stadsjapie “attitude” af te skud.

Thys Human ·

Dankie Asjas. Dit is al wat ek probeer se^ het. Dis tyd dat ons aanvaar dat die natuur dikwels wreed en gevoelloos is.

Snel, ek ken die Bybel baie duidelik beter as jy! maar Maroela se sensor laat my nie toe om JOU vertolkings van wat in die Bybel staan, aan te vat nie. Maar as jy die moed het van jou oortuigings kan jy dit gerus op die FB blad Vrydenker Afrikaners plaas – en dan kan ons debatteer.

En ek dink selfs op die webblad van die Nuwe Hervormingsnetwerk kan daar geleentheid wees vir jou om jou sieninge onder die aandag van ‘afwykendes” te bring. Maar jy moet jou regmaak om geloop te word!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.