Video: Dragtige rooibok deur wildehonde aangeval

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

Die YouTube-kanaal, Kruger Sightings, het merkwaardige beeldmateriaal opgelaai waar ʼn trop wildehonde ʼn dragtige rooibok aanval.

Die wildehonde se vernuftigheid is duidelik in die video te sien.

Die video is in die Krugerwildtuin geneem.

WAARSKUWING: Die video kan sensitiewe kykers ontstel, aangesien mens kan sien waar die lammetjie uit sy ma se pens getrek word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

6 Kommentare

jongste oudste gewildste
anita

Hoekom het die persone wat video geneem het nie honde verwilder wat dragtige bokkie aanval nie ???????

snel

Ai Thys, so maklik om vir God altyd die skuld te gee vir alles. Dit gaan terug na die sondeval, die mens het gekies om so te lewe, God wou vrede en harmonie hê, maar ons het dit oor ons gebring of ons voorvaders. In die laaste dae sal minder mense in God glo, maar hulle sal steeds die knieg voor Hom moet buig. Die wat die Here se heerskappy verwerp en Sy wil ignoreer, kan van Hom af probeer vlug, maar hulle is steeds onder Sy heerskappy. As Jy jou Bybel ken, sal jy weet hoe alles in plek… Lees meer »

Elizabeth

Dis die natuur – volmaak geskep, net soos dit is. Dit lyk en klink wreed, maar die natuur werk volgens ‘n volmaakte plan en geen inmenging van die mens is nodig nie. Die mens doen genoeg skade aan die natuur en omgewing op sy eie!

Asjas

Meskien verstaan ek Thys verkeerd maar ek dink nie hy blammer God nie, hy noem maar net dat God die natuur geskep het met al die diere in die natuur en dat ons mense moet ophou inmeng? Dit is vir my ongelooflik wreed en kan nie met sekerheid se dat nie NIE sou inmeng as ek daar was nie, maar die feit bly staan, ons moet ophou inmeng in die natuur en laat dinge sy natuurlike gang gaan. As jy Wildtuine besoek is dit die tipe ding wat jy gaan sien. As jy dit nie wil sien nie, bly weg… Lees meer »