Video: Drawwer red bergskaap

Die vasgekeerde bergskaap (moeflon) (Skermskoot uit die video)

Die vasgekeerde bergskaap (moeflon) (Skermskoot uit die video)

Krystof Wlodarczyk, van Pole, het een oggend naby Konin in die woud gaan draf toe hy op dié bergskaap (moeflon) afgekom het wat in ʼn boompie vassit.

Op die video kan mens sien hoe verskrik die dier is omdat hy nie kan loskom nie.

Wlodarczyk kom dan stadig nader, probeer die wilde dier paai en maak planne om hom te bevry.

“Ek was nie bang nie, ek sien hulle gereeld in die woud,” het hy aan Daily Mail gesê. “Dit is egter die eerste keer wat ek so naby aan een kom. Die arme ding was desperaat. Dit was nie maklik nie, maar ek is bly ek kon hom help.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.