[Video] Drink en bestuur? Iemand wag vir jou by die huis

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

ʼn Advertensie van Budweiser wat persone aanmoedig om verantwoordelik op te tree wanneer hulle alkohol gebruik, word weer wyd op sosiale media gedeel – en dis duidelik waarom dié advertensie so gewild bly.

Die advertensie fokus hierdie keer op ʼn jongman, Luke, en sy getroue Labrador. Die advertensie wys die hegte vriendskap tussen die twee en hoe die troeteldier by die huis moet wag wanneer Luke gaan kuier.

Die verhaal laat jou byna met ʼn knop in die keel, en dis moontlik dat jy jou eie troeteldier sommer ʼn stywe druk gaan gee nadat jy dié advertensie gekyk het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Gesiggie ·

Wat n stunning video… en laat n knop in my keel… n Hond… n mens se beste vriend, die blydskap om net sy baas weer te sien is onvervangbaar.. my hond is dieselfde, sal n mens altyd so verwelkom as hy jou sien, en sal dan as ek sit en TV kyk met sy kop op my skouer kom rus , net om my te laat weet… ek is hier vir jou.. dit is sy manier van Liefde toon. Dit gee n mens iets om oor te dink… waardeer die wat vir jou lief is…gee om vir jou diere, want hul gee om vir jou.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.