‘n Eekhoring het beroemdheid op die internet verwerf nadat hy met die YouTube-gebruiker Viva Frei se GoPro-kamera weggehardloop het.
Die video is in minder as 10 dae reeds bykans 2 miljoen keer op dié sosialemedia-kanaal gekyk.
Die eekhoring kom stel ondersoek in, gryp die kamera, hardloop teen ‘n boom uit en laat val dan uiteindelik weer die kamera.