Video: Een sekonde elke dag

Daar is talle klein, mooi, snaakse en tragiese oomblikke in ons lewens, en soms vergeet ons wat ons al beleef het.

Cesar Kuriyama, ʼn direkteur van TEDTalk, het besluit om van sy 30ste verjaarsdag af een sekonde per dag op film vas te lê. Hy het dié sekondes aanmekaar gestring om ʼn deurlopende video te maak. “As ek 80 is, dan sal ek sowat vyf ure se videomateriaal hê om te kyk wat die afgelope paar dekades met my gebeur het,” het Kuriyama gesê. “Ek wil elke persoon aanmoedig om ook daagliks een sekonde van jou lewe af te neem, sodat jy nooit sal vergeet dat jy daardie dag geleef het nie.”

TEDTalks is ‘n videokonferensie waar die wêreld se denkers en doeners bymekaar kom om te gesels oor dít wat hulle inspireer of waarmee hulle besig is.

Die praatjie is ongelukkig in Engels, maar ons het dit só inspirerend gevind, dat, selfs al luister jy nie na dit wat hy sê nie, die beeldmateriaal sy eie storie vertel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.