Video: Eend met rooi skoentjies neem deel aan NYC-marathon

Skermgreep uit die Instagram-video

As jy te lui is om van die rusbank op te staan, dan sal dié eend jou dalk inspireer.

Die TCS New York City-marathon het vanjaar ʼn unieke deelnemer gehad: ʼn eend wat saam met die mense gehardloop het.

ʼn Instagram-profiel met die naam “Seducktive” het ʼn video van die eend, genaamd Wrinkle, gedeel. Wrinkle hardloop met rooi skoentjies saam met die mense deur die strate van New York. Omstanders juig en moedig haar luidkeels aan.

“Ek het die NY-marathon gehardloop! Ek sal volgende jaar selfs beter vaar! Dankie vir elke mens wat my aangemoedig het!” lui die inskrywing.

Die video is reeds byna 2 miljoen keer te kyk.

Wrinkle is ʼn emosionele ondersteuningsdier en het glo net ʼn halwe myl (sowat 800 m) gehardloop.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.