Video: Eend sit hond ore aan

Skermgreep uit die video

Sosialemediagebruikers is baie beïndruk met dié eend se slim plan en slinksheid.

Susanta Nanda van die Indiese bosboudienste het oor die naweek ʼn video gedeel van ʼn eend wat “dood speel” voor ʼn hond.

In die video kan jy sien hoe lê die eend op die grond met sy oë toe, terwyl ʼn hond kom ondersoek instel. Die eend kry dit reg om doodstil te lê totdat die hond se aandag afgetrek word elders anders.

Sodra die hond weghardloop, spring die eend blitsig op en hardloop weg so vinnig as wat hy kan.

Die video is aanvanklik in 2019 gedeel toe dit miljoene keer gekyk is, maar het sedertdien weer sosialemediagebruikers aan die lag ná Nanda dit gedeel het.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.