[Video] Ek is nie swart nie, jy is nie wit nie

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

ʼn Videoboodskap deur die kunstenaar Prince Ea, is tans baie gewild op sosiale media en is reeds meer as 6,3 miljoen keer op YouTube gekyk.

Prince Ea daag die kyker uit om nie etikette om sy of haar eie nek te hang nie, maar om ook nie ander mense bloot te etiketteer op die manier hoe hulle lyk nie.

Jy kan die klankboodskap aflaai: iTunes en Prince Ea

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

johny ·

Dit is reg ons moet verby die kleurgrens kyk en begin saamstaan met die wat wil saamstaan

Kort-en-kragtig ·

Dis hoog tyd dat alle Suid-Afrikaners, ongeag ras of kleur, begin saamstaan teen misleiers in prominente kerke soos die NG Kerk, kultuurorganisasies soos Afriforum en politieke partye soos die DA en VF-minus!

Johannes ·

Hoekom die realiteite probeer ignoreer? Nog erger, hoekom my probeer dwing om die realiteite te ignoreer. Nee wat dankie. Ek weet gelukkig wat die waarheid is.

chrisp ·

Wat is volgende?
Ek is nie ‘n man nie jy is nie ‘n vrou nie.
Ek is nie ‘n Christen nie,jy is nie ‘n Hindu nie.
Ek woon nie in Afrika nie,jy woon nie in Amerika nie.
Ek is nie ‘n atleet nie,Usain Bolt jy is nie ‘n atleet nie.
Ek is nie ‘n wetenskaplike nie,Einstein jy is nie ‘n wetenskaplike nie.

Jipee ons is almal presies dieselfde! Het die wereld mal geword?

Liberales se ras is ‘n illusie
Liberales se ons moet alle rasse vermeng.
Liberales se ons moet alle rasse vier
Liberales glo al drie bg stellings gelyktydig.
Liberalisme is ‘n breindus funksie.

Kort-en-kragtig ·

chrisp. Dis maar deel van Solidariteit en Afriforum se strategie om die verbruikerskultuur en die komende Eenwêreldorde meer aanvaarbaar te maak…

Oom Boer ·

Wat sê die boodskap nou eintlik? ‘n blou pen is nie blou en die rooi pen is nie rooi nie of wat, ek mis nou eintlik wat bedoel word.

Marius ·

Ja nee. Die regte artikel sal die ware karakter van mense uitbring. Dit probeer eintlik net sê dat die vooroordele wat jy tentoonstel aan jou geleer is, want kinders ontwikkel dit nie spontaan nie. Toe ek as ‘n klein seuntjie saam met die swart kinders in die plaasdam wou swem is daar vir my gesê ons meng nie met swartes nie. Dus is ek geleer. Ek dink nou heeltemaal anders as wat my ouers my geleer het. Liberalisme beteken iets heeltemaal anders vir jou want ek het swart en Indiërvriende wat baie konserwatief is in hoe hulle hulle kinders as gelowiges grootmaak. Hulle deel dieselfde waardes as ek. Dit maak ons nie liberaliste wat sê”anything goes” nie. Jy plaas vryheid van assosiasie en liberalisme in dieselfde mandjie. Mense plaas goedsmoeds ‘n negatiewe konnotasie daarop. Jy kan kies met wie jy wil assosieër. Daar was ‘n tyd toe daar vir almal gesê is met wie hulle mag assosieër en wie nie. Die ironie is dat as jy mense van verskillende rasse sien wat met mekaar assosieër jy die een is wat ‘n probleem daarmee het en nie die mense wat dit doen nie. Hulle gaan slaap rustig terwyl jy wroeg daaroor. Bevry jou gedagtes en leef jou eie lewe en geniet die vryheid van assosiasie wat jy het. Ons hou van koeksusters en bobotie. Dis ons kultuur. Waar het ons dit gekry? By die Maleiers wat ‘n ander ras en kultuur as die vroeë blankes in die Kaap gehad het. Ironies genoeg spandeer ons nie naastenby soveel tyd aan die skokkende hoeveelheid egskeidings en aborsies onder alle rasse in Suid Afrika in ons kommentaar nie. Daar word vir mense gesê van die kansel af dat hulle kan glo van die Bybel wat hulle wil. Dis liberalisme as jy jou kinders dit leer. As gelowiges moet ons bly staan vir die regte dinge. Moenie van ras die grootste saak maak nie. Identifiseer wat werklik die probleme in ons samelewing is en beveg dit.

Marius ·

Ja nee. Die regte artikel sal die ware karakter van mense uitbring. Dit probeer eintlik net sê dat die vooroordele wat jy tentoonstel aan jou geleer is, want kinders ontwikkel dit nie spontaan nie. Toe ek as ‘n klein seuntjie saam met die swart kinders in die plaasdam wou swem is daar vir my gesê ons meng nie met swartes nie. Dus is ek geleer. Ek dink nou heeltemaal anders as wat my ouers my geleer het. Liberalisme beteken iets heeltemaal anders vir jou want ek het swart en Indiërvriende wat baie konserwatief is in hoe hulle hulle kinders as gelowiges grootmaak. Hulle deel dieselfde waardes as ek. Dit maak ons nie liberaliste wat sê”anything goes” nie. Jy plaas vryheid van assosiasie en liberalisme in dieselfde mandjie. Mense plaas goedsmoeds ‘n negatiewe konnotasie daarop. Jy kan kies met wie jy wil assosieër. Daar was ‘n tyd toe daar vir almal gesê is met wie hulle mag assosieër en wie nie. Die ironie is dat as jy mense van verskillende rasse sien wat met mekaar assosieër jy die een is wat ‘n probleem daarmee het en nie die mense wat dit doen nie. Hulle gaan slaap rustig terwyl jy wroeg daaroor. Bevry jou gedagtes en leef jou eie lewe en geniet die vryheid van assosiasie wat jy het. Ons hou van koeksusters en bobotie. Dis ons kultuur. Waar het ons dit gekry? By die Maleiers wat van ‘n ander ras en kultuur en geloof as die vroeë blankes in die Kaap was. Ironies genoeg spandeer ons nie naastenby soveel tyd aan die skokkende hoeveelheid egskeidings en aborsies onder alle rasse in Suid Afrika in ons kommentaar nie. Daar word vir mense gesê van die kansel af dat hulle kan glo van die Bybel wat hulle wil. Dis liberalisme as jy jou kinders dit leer. As gelowiges moet ons bly staan vir die regte dinge. Moenie van ras die grootste saak maak nie. Identifiseer wat werklik die probleme in ons samelewing is en beveg dit. Ek dink dit is ‘n puik video.

chrisp ·

Marius,jy maak geweldige aannames(oor my) maar dit daar gelaat.Liberalisme is besig om die weste te vernietig .Dit is ‘n kanker sonder enige medikasie. Die uiteinde van liberalisme is fassisme en jy sal dit sien afspeel binne 10 jaar. Dit is eintlik metamorfose in trurat.

My seuns swem vandag nog net so lekker in die plaasdam saam met hul swart maatjies as wat ek het.
Jammer om te hoor van jou rassistiese grootword jare.

Johannes Meintjes ·

Die Skrif getuig van volke, tale, nasies en stamme. Hulle het kleure, a.g.v. vel pigment, gebruike, tale en kulture. Die probleem myns insiens is glad nie die kleur nie, maar die mens se harnekkigheid as dit kom by gemeenskaplike doelwitte en samewerking tot volhoubare toekoms vir solank ons almal nog die grasie en tyd gegun word.

Trolle ·

Toemaar ons kinders word sommer gebore as n rassis en moet blykbaar doodgemaak word omdat hy wit is,en chrisp jy is reg in die USA word dit nou klaar geban om te se boy of girl blykbaar is daar nou nie meer n verskil tussen n man en vrou nie.Daar mag ook nie meer aparte badkamers wees vir mans en vrouens nie, klink ongelooflik maar dis waar gaan soek dit op.

m ·

Hoekom voel mense tog so bedreig wanneer dit by kleur kom. Wat maak dit saak as ek wit is en jy swart, dis hoe die Liewe Vader ons gemaak het. Absoluut niks verkeerd daarmee nie en tot mense anderste daarna kyk gaan daar die rasse kaart altyd gespeel word.

Kowa ·

Trolle ek hoop van harte jy is verkeerd oor die gedeelde toilette. Kan jy jou voorstel hoeveel verkragtings gaan daar dan in ons land wees? Geen vrou of kind sal dan ooit weer alleen in ‘n openbare kleedkamer durf ingaan nie.

Theresa ·

Dankie tog Chrisp. Nou hoef ek dit nie te sê nie. Dis so banaal. Natuuuuuuuuuuuuuuurlik verskil elke ras op aarde. Dis hoe mens met ander klaarkom wat tel.
Kan elke party dan asb klasloop wat regverdigheid, orde, versorging, dissipline, ens. ens is, asb! ALMAL nie ‘n paar mense in ‘n hele landsopset nie.
Jy kan nie blind speel en dink probleme verdwyn nie. O ja, nie uitdagings nie, probleme. Als word afgewater na niks, daarom sal daar altyd probleme bly.

Skoeter ·

Moet ons almal dan nou voorgee ons het kleurblind geword? Ons is wat ons is….. ek is swart… maak vrede daarmee……. of ek is wit ……. maak vrede daarmee. Om te ontken wat jy is …. is mos vals!

maggie ·

Dit was n briljante video, en alles die waarheid. Ouers leer hul kinders van diskriminasie, hetsy dit ras, geboorte defekte , of wat ookal is. Kinders kan enige iemand aanvaar, sonder om enigsins bekommerd te wees oor hoe n ander lyk, klink ens nie. Ouers leer die kinders om onderskeid te tref. En Ja, dit is hoe rassisme en diskriminasie voortleef.

chrisp ·

Ja gee kinders alleen stemreg wat verval as hulle 12 word, probleem opgelos.
Dit moet die antwoord wees.

Johannes ·

Nee Maggie, REALITEITE leer ‘n mens hoe om te diskrimineer tussen wat vir jou aanvaarbare of onaanvaarbare gedrag of waardes is.

My ouers het my nooit rassehaar “geleer” nie – net normes en waardes vir ons as gesin (en volk in breer trekke) aanvaarbaar is.

Marius ·

Dis ‘n denkfout om vryheid van assosiasie gelyk te stel aan liberalisme. Dit het niks met mekaar te doen nie. Waardes wat vroeër die pilare van ‘n gesonde samelewing was en nou vernietig word is liberalisme. Daar is baie mense wat my waardes deel wat ‘n ander kultuur as ek het. As hulle my vriende is maak dit my nie ‘n liberalis nie. Ek het nie die belangrikste deel van my menswees prysgegee nie. Ek wil hê my kinders moet in hierdie land eers met mense met dieselfde waardes assosieer, as enigits anders, en as dit ‘n ander kleur is dan is dit goed so. Van nuwe wêreldordes en hoe my assosiasie met mense wat anders as ek lyk enigsins verband hou met mekaar verstaan ek nie. Al wat ek weet is dat God sy kinders saam gaan snoer wanneer Hy hierdie stukkende wêreld herstel, ongeag hoe hulle lyk. Dit lyk vir Chrisp voor die handliggend, maar ek het al geleer niks gebeur soos ons dit verwag nie. Veral nie die sg. nuwe wêreldorde nie.

Skatimyr ·

Gaan kyk wie was Count Richard Coudenhove Kalergi en waarvoor hy gestaan het. Kyk dan wie het onlangs die Kalergi prys gewen. Gaan kyk dan ook na die video “With open Gates” oor Europa wat viral gegaan het. Dan word alles mooi duidelik.

marius ·

Die twee babas in die video is ‘n groot sameswering van liberale magte wat ten doel het om die blanke ras uit te wis. Mens kan dit in hulle oë sien. Hulle moet beslis dopgehou word. Ek hou ook van goeie komplotstories maar nie van die wat regse Front Nasionaal ondersteuners opdis nie. Dis net ‘n grappie.
Die probleem is nog steeds dat die inhoud van ‘n mens se karakter ondergeskik aan die kleur van sy vel gesien word. Dis boosheid. Vir Jesus was dit ook boosheid. Die enigste ware saamsnoerder van mense was Jesus Christus. Ek sal beslis ‘n kunsmatige vermenging van mense teëstaan, maar dis so anders wanneer ware gelowiges met gedeelde waardes in een gees staan vir wat reg is. Dis nie so volop nie, maar dit bestaan wel. Ons kyk net nie altyd mooi genoeg nie. Daarom sal ons seker nooit saamstem nie. Jesus het in elk geval gesê Hy het gekom om verdeeldheid te bring. Waar Hy in gees en waarheid gedien word sal dit aanstoot gee vir die liberalis en die ver regse, omdat dit nie gebring is om ‘n politieke ideologie te bevorder nie, maar Sy koninkryk. Jy kan nooit ware geloof in ‘n kompartement plaas nie. God is baie groter as kompartemente. Jammer as ek geloof in hierdie argument inbring, maar dis die enigste ware maatstaf vir die verstaan van die wêreld se probleme.

Fanie ·

So met ander woorde: Die hele wêreld moet ly en gebukkend gaan onder Sinus!! Almal sien niks!!

OIVROU ·

Ja Ek stem Fanie. So ons moet maar almal niks sien nie. Die hele mensdom. Dit is werklik law ekke nd! So ons moet almal lyk aan die “sien niks” sindroom en probleem!! Haha haha
..

Marius ·

Dis nie ‘n geval van sien niks nie. Mense sien wat hulle wil. Dis juis die ding. Ek probeer mense sien vir wie hulle is, terwyl dit lyk of meeste mense die velkleur sien en afleidings oor wie hulle is en wat die inhoud van hulle karakter is. Dit beteken dat alle mense wat anders as ek lyk potensieël my vyand is omdat ek toelaat om hulle te oordeel op grond van hoe hulle lyk. Dis wat nou onder baie wit en swart burgers in Suid-Afrika gebeur. Ons doen presies wat ons president doen. Hoe laat dit ons lyk? Hoe voorspel dit enigsins iets goeds vir die toekoms? Mense verander nie omdat ons hulle slegsê nie. Hulle verander as hulle sien ons is eg in ons intensies om ‘n positiewe verskil te maak.

Quincy ·

Hy lewe in fantasie wêreld. Dit irriteer my dat hy als so viralgemeen. Die Millie Vanilli video help ook nie.
Almal is wenners, dis nie jou skuld nie; dis die wêreld sin. “It is my body not me”. Die ou is irrasionaal en n manipuleerder.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.