Video: Ek moes tot 40 wag om uit te vind …

Dustin Hadley en sy vrou Jenna (Foto: Dustin Hadley/Facebook)

Het jy al ooit gewonder of die “handige wenke” wat mens op sosiale media sien regtig werk?

Dustin Hadley, ʼn sosialemediagebruiker van Kentucky in die VSA, probeer op sy kanaal die wenke waarop hy afkom en deel die resultaat met sy volgelinge.

Van hoe om ʼn eier maklik te breek, hoe om ʼn eier af te dop, hoe om ʼn gekookte aartappel maklik te skil, hoe om ʼn lemoen te skil, tot selfs hoe om ʼn paslaken op te vou of ʼn das te knoop … en nog vele meer huishoudelike wenke.

Dustin staan bekend as “That 40 year guy” omdat hy sy video’s met ʼn wenk – wat hy iewers gesien het – begin en dan sê: “Wil jy vir my sê ek het 40 jaar lank iets gedoen waar ek eerder hierdie kon probeer? Daar is nie ʼn manier nie.” Hy toets dan die sogenaamde wenk en laat weet sy volgelinge of dit werk of nie.

As jy dus al ooit oor sommige van die “wenke” op sosiale media gewonder het, dan kan jy bloot net vir Dustin op sy Instagram, Facebook, YouTube of TikTok-kanale volg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.